Satan het geen mag behalwe dit wat God hom toelaat nie.

Baie Christene dink dat God en Satan in ‘n magstryd gewikkel is. Dit is nie waar nie. Die Satan kan niks doen wat die Here hom nie toelaat om te doen nie. Ons lees in: Job 1:6-12 "En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van
‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het. En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job?
Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad En die
Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees? Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het,
aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.
Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het — waarlik, hy sal U in u aangesig seën! (vloek) Daarop sê
die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie."

Die Satan het Job se beeste, sy donkies en kamele laat roof en sy kleinvee met die weerlig doodgeslaan. Daarna het

hy Job se kinders doodgemaak. Nogtans het Job nie teen God gesondig nie maar steeds aan die Here die eer gebring.

Hierna lees ons in Job 2:3 "En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op
die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak. Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe; maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan — waarlik, hy sal U in u aangesig seën! En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel. En hy het vir hom ‘n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit."

Ons weet van Job se verdukking en dat hy tot die einde toe volhard en getrou aan God gebly het en dat sy einde meergeseënd was as sy begin. Die satan kan niks doen wat God hom nie toelaat nie.

Ons lees Jesus sê vir Simon Petrus in Lukas 22:31 Hy sê: "Simon, Simon!" het Jesus gesê. "Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk."
Die Satan kon niks doen nie en Jesus het gebid dat Petrus versterk word. Ons lees ook in Johannes 19:10, 11 "En Pilatus sê vir Hom (Jesus): Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie? Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie."

Pilatus het slegs die mag oor Jesus gehad omdat die Vader hom gegee het. Jesus het deur Sy kruisdood en opstanding uit die dood alle mag en alle outoriteit van die Vader ontvang oor hel en dood. Ons lees in Kolossense 2:15 dat "nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het."

God het aan Hom alle mag gegee. Jesus sê in Mattheus 28:18 "Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde."

Daar is GEEN MAGSTRYD NIE, Jesus is in beheer. Elkeen wat in Jesus glo en Hom volg en hulle aan Sy outoriteit onderwerp kom onder Sy heerskappy. En die satan het geen mag oor hulle nie.Ons lees in Kolossense 1:13 "Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde."

Weereens, as ons ons aan Jesus onderwerp, aan Sy koningskap, dan kom ons onder Sy beskerming. Die wat hulle nie aan Jesus onderwerp nie is nie onder Sy beskerming nie. Daar is ‘n voorwaarde daaraan om die vertroue te hê dat ons met ‘n geruste hart ons op die Here se beskerming kan verlaat. Ons lees in Hebreërs 10:35 "Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie."

As ons nie Jesus gehoorsaam nie, dan sal ons die vrymoedigheid hê om by Hom skuiling te soek nie. As daar sonde in ons lewens is dan sal daar twyfel wees ons sal nie vrymoedigheid hê om Jesus se hulp te vra nie en op Hom te vertrou nie.
Ons lees in Jakobus 4:7-10 "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. 8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! 9 Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. 10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog." Satan het geen mag oor die wat by Jesus skuil nie. DIE GEHEIM IS:  Om ons AAN JESUS TE ONDERWERP, om HOM GEHOORSAAM TE WEES, dan het die DUIWEL GEEN MAG OOR ONS NIE.
Daar staan in Romeine 8:28 "En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is."
Almal wat in Jesus glo is geroep deur Hom, geroep tot Sy heerlikheid en ons is onder Sy beskerming as ons Hom gehoorsaam is. Wat ook al gebeur weet ons dat alles in die Hand van die Here is, want Hy sal nie toelaat selfs  dat ons bokant ons kragte versoek word nie. Alles is binne Sy mag, Hy is in beheer. Ons moet net ons oë op Hom hou, Hy sal alles vir Sy heerlikheid uitwerk.

God gebuik al Satan se planne vir Sy glorie. Wanneer ons, ons aan die gesag van Jesus onderwerp dan het satan geen mag oor ons nie. As ons die HERE VREES dan het ons NIKS ANDERS om voor BANG te wees n
ie.

About Jan Boshoff - finalcall07

A bond servant of Jesus Christ
This entry was posted in Afrikaans. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s