My skape ken My sten (Afrikaans)

(My sheep know My voice – Afrikaans)

Daar het baie dinge met my gebeur wat my wandel met die Here Jesus beinvoed het en vir my insig gegee het wat my nader aan Hom gebring het.

Ek wil graag ‘n ervaring deel wat my tot die ontnugtering gebring het, dat alhoewel ek alreeds vir jare ‘n gelowige was en baie Bybel kennis gehad het, ek feitlik geen verhouding met Jesus gehad het. Ek wil dit beklemtoon dat ek jare gelede in die Heilige Gees gedoop was en nog steeds in tale gebid het. So, volgens my eie insig was ek ‘n goeie Christen, maar dit was nie wat Jesus my laat verstaan het nie.

Ek het een nag ‘n droom gehad. Ek het gedroom dat ‘n vriend van my wat kort tevore oorlede is by die hemel se poorte aangekom het. Daar gekom sê hy toe: "Jesus, ek is hier!" ‘n Stem antwoord toe van binne: "Wie is jy?" My vriend sê toe:"Dis John"  Die stem sê toe van binne:"Gaan weg, ek ken jou nie." Op daardie stadium van die droom skrik ek toe wakker in ‘n groot benoudheid. Ek besef toe dat as ek op daardie stadium by die hemel se poorte moes kom, dan was ek nie seker of Jesus my sou ken nie.
 
Ek het onmiddelik die skrif onthou in Mattheus 7 21-23 "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!"

Ek het ook onthou dat Jesus gesê het: "My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My" Johannes 10:27

Die ontnugtering was groot want ek het besef dat ek nie die stem van die Herder geken het nie. Ek was ook nie seker dat Hy my geken het nie. Ek het ondervingdings met die Here gehad maar dit was oor ‘n tydperk en ek kon nie met enige gerustheid in my hart verklaar dat die Here my ken en met my tevrede was nie.

Ek het altyd gewonder hoe dit kon wees dat Jesus vir iemand wat in Sy naam duiwels uitgedryf , geprofeteer en kragte gedoen het sal sê: "Gaan weg ek het jou nooit geken nie."

Ek het toe besef dat die gawes van die Here nie ‘n waarborg is dat die Here Jesus met ons tevrede is of dat ons sake in orde is nie. "Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik." Romeine 11:29. Baie predikers is geroepe deur die Here en het hulle roeping verlaat. Baie het geestelike gawes van gesondmaking en doping in die Heilige Gees onvang, die Here neem nie die gawes terug nie. Baie mense praat in tale maar hulle vloek ook soos matrose. Hulle dink hulle is gered maar het geen verhouding met Jesus nie. Hy sal vir hulle sê:"Gaan weg, Ek het julle nooit geken nie."

Ek het daar besef dat dit nie voldoende is om net die Here te ken, in tale te praat en te bid wanneer dit my pas nie, want ek het nie die Here se stem geken nie. Dit was ‘n eensydige verhouding. Ek het nie terugvoer van Jesus gehad of gesoek nie.  Hy het met my gepraat deur skades en moeilike omstandighede maar ek het nie verstaan nie.

Paulus het geskryf: "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God." Romeine 8:14. Ek het besef dat ek deur my eie insig gelei was en nie deur God se Gees nie.

Ek wou weet hoe Jesus Sy skape lei, en met hulle praat. Daar het ‘n honger en ‘n dors by my ontstaan na ‘n intieme verhouding met Jesus waar ek Sy stem ken en Hom volg.
Jesus het gesê:" Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan."Matthéus 4:4. Ek moes ‘n woord van die Here kry en daardie woord was nie in ‘n swart boek met ‘n leeromslag nie. Die oplossings vir my daaglikse probleme is nie in enige boek nie maar net in die Lewende God. Die Bybel vertel ons van Jesus, maar die Bybel is nie Jesus nie.

Ek het begin soek, begin bid en Jesus gevra om my te leer. Dit was ‘n lang en moeisame proses want ek was so gebreinspoel deur jare se studies en doktrines dat ek nie die stem van Jesus kon hoor nie.

Ons soek die Here oral behalwe op ons kniee. Jesus is nie in die Bybel nie, Hy is nie in boekies of leringe nie. Die enigste manier om Jesus te leer ken is deur openbaring, maar as mens Hom nie soek nie dan vind jy Hom nie. Jy mag een of twee keer in jou lewe ‘n ondervinding met Hom gehad het maar dit is nie ‘n verhouding nie. Ons moet elke dag vars manna van Hom ontvang, ‘n vars openbaring van die Meester self.

Baie mense verkeer onder die indruk dat hulle gered is deur geloof en nou kan hulle maar net sit en wag dat Jesus kom. Geloof alleen sal niemand red nie. Jesus vereis gehoorsaamheid en ‘n verhouding met Hom.

"Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom." Johannes 3:36.
Almal will in Jesus glo om gered te word maar hulle wil Hom nie gehoorsaam nie.
Jesus se opdrag is: Volg My!

AS ons Hom volg dan hoor ons Sy stem. Mense volg Hom nie daarom hoor hulle nie Sy stem nie.  As ons nie ‘n vehouding met Jesus het nie sal Hy ook een dag vir ons sê: Gaan weg, ek ken jou nie!
 

Ken jy die Herder se stem?

About Jan Boshoff - finalcall07

A bond servant of Jesus Christ
This entry was posted in Afrikaans. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s