Profesie oor Suid Afrika – 17 September 2008

Profesie oor Suid Afrika – 17 September 2008 (00:45 v.m) die Woord wat die Heilige Gees tot my gespreek het – Jan Boshoff in Pretoria.

 

Die Christene in Suid Afrika is nie besig met Jesus nie. Hulle is elkeen besig met hul eie vorm van suiwerheid en godsdienstigheid. Die Hand van God is besig om te beweeg maar min sien dit raak.  Die Christene is toeskouers wat hulleself verlekker in hulle eie heiligheid. Hull hou hul besig met hulle eie opinie en luister nie na My stem nie.

 

Die opregtes van die land moet My aangesig soek, hulle voor My verootmoedig. Daar is nie meer tyd om elkeen sy eie aksie uit te werk nie. My hand beweeg oor die land, My oog soek na die enkeles wie hulle ore tot My neig en op My wag.

 

‘N TYD VAN GROOT BENOUDHEID EN ONSEKERHEID IS OP HANDE. Dit is My hand wat dit doen. Ek oordeel die arogansie van die nasie. Ek bepaal die toekoms van nasies. Die wat hulle teen My verhef sal verneder word. Niemand sal roem en sê

dat hulle aksie die uitkoms gebring het nie.

 

Verkondig aan hulle, laat die ootmoediges van die land My soek en My leiding vra. Ek sal antwoord en uitkoms gee. HULLE SAL NIE NA JOU LUISTER NIE, WANT HULLE IS HARDKOPPIG, AROGANT EN TROTS.

 

EK GAAN HULLE SIF SOOS KORING. Min sal die proses oorleef. Hulle is meer begaan oor die eer wat hulle van mekaar ontvang as oor My erkenning. Hulle sal verjaag word. Die wat hulle vertroue in My gestel het, sal ge-anker wees. Die res sal van radeloosheid en angs beswyk.

 

Elkeen wat na My toe kom sal Ek self van raad bedien en hulle self lei deur My magtige hand. Die res sal verstrooi word, omdat  hulle aan My nie die erkenning gegee het nie. HULLE HET DIE DAG VAN HUL BESOEKING NIE WAARGENEEM NIE.

 

Nou is die tyd om ootmoedig te wees en God te soek deur vas en gebed. Slegs Sy hand kan die onheil afweer. Baie sien uit na ‘n nuwe politieke bedeling – dit sal ‘n verskrikking wees. Weinig mense in die land soek My aangesig, hulle eie planne sal hulle nie red nie.

 

TYD IS OP – DIT SPOED NA DIE EINDE. WAARSKU HULLE!

 

About Jan Boshoff - finalcall07

A bond servant of Jesus Christ
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s